Aan die einde van kwartaal 1 het die gr12 leerders op ‘n spanbou en staptoer in Mpumalanga gegaan. Leerders moes hul eie kos saamdra en maak. Tesame met die hindernisbane en baie modder, was daar boeresport en spanbou aktiwiteite waar die matrieks geleer het om op mekaar te vertrou.
Die 25km staptoer was warm, moelik en lank. Maar dit was ook ongelooflik! Ons het geleer dat ons tot meer in staat is as wat ons dink, en dat groei plaasvind buite ons gemaksone. Die 3 dae het die Gr12’s van 2024 werklik versterk as ‘n graadgroep.